SportSport

Volkies blink speel-speel uit in E-sport

Hoër Volkskool Potchefstroom is die eerste skool in Potch wat deur middel van hulle affiliasie by Mind Games South Africa (MSSA) vir leerders die geleentheid gee om in skoolverband aan E-sport deel te neem.

In vandag se digitale wêreld is dit moontlik om provinsiale of nasionale kleure vir videospeltjies op skoolvlak te ontvang.

Talle leerders wat dalk nie die eerste rugby of netbalspan behaal het, kon deur die jare voorheen nie hulle rekenaarspeletjie vaardighede op ‘n konstruktiewe wyse ten toon te stel nie. Definitief nie vir hulle skool nie – rekenaarspeletjies was iets wat met skoolwerk ingemeng het en nie gekomplimenteer het nie.

E-sport is stelselmatig besig om een van die gewildste sportsoorte op skoolvlak in die land te word. Hoër Volkskool Potchefstroom is die eerste skool in Potch wat deur middel van hulle affiliasie by Mind Games South Africa (MSSA) vir leerders die geleentheid gee om in skoolverband aan E-sport deel te neem. MSSA is ook by SASCOC geaffilieer.

Volkies het ‘n groep gevorm wat aan nasionale aanlyn e-sport kompetisies deelneem en uitstekend presteer. Volkskool het ook ‘n Whatsapp-groep begin vir belangstellendes in MSSA E-sport.

Volkies se e-sport spelers het tydens die Noordkaapkompetisie op 28 Januarie fantastiese uitslae behaal. Agter is Hanu Visser, Martin Venter en Nicolas Serfontein. Voor is Maree van der Merwe, Nicolas Joubert en Antonie Botes. Foto: Verskaf.

Antonie Botes en Martin Venter verwerf Noordwes-kleure in e-sport na hulle die Noordkaap aanlyntoernooi op 28 Januarie vanjaar gewen het.

Botes is die kampioen in die gewilde sokkerspeletjie, FIFA 23, terwyl Venter eerste kom in die strategiespeletjie, Clash of Clans.

Nicolas Serfontein, Nicolas Joubert en Hanu Visser blink uit vir Volkies in E-sport. Foto: Cornelia Hitge.

Niclolas Serfontein kom tweede in Clash Royale met Maree van der Merwe (eerste) Hanu Visser (tweede) en Nicolas Joubert (derde) wat in die Rocket League-selfoonspeletjie uitblink.

Anneke Luies, ‘n IT-onderwyser by Volkies en nasionale skooldirekteur van MSSA, noem dat E-sport baie voordele vir leerders inhou.

“Kinders kry blootstelling aan ‘n aktiwiteit waarin hul presteer en vaardighede het. Hulle kan aan verskillende kompetisies landswyd deur die jaar deelneem en staan ook ‘n tans om beurse te wen. E-sport help leerders om krities te kan dink, strategies te beplan en logiese denke op te skerp,” meen sy.

Nog ‘n groot voordeel is dat die leerders blootstelling kry aan mense wat dieselfde belangstellings het en sodoende kan hulle ook verhoudings bou.

“Ek het eers dit net as ‘n stokperdjie gesien, maar nou dat ek aan e-sport deelneem het ek baie verbeter en ek geniet dit baie,” noem Visser.

“As ‘n mens goed wil doen in e-sport is dit belangrik om gereeld te oefen. Ek oefen ten minste 1-2 ure per dag,” vertel Serfontein.

Vir meer inligting oor E-sport kan mev. Anneke Luies by 079 491 8876 gekontak word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button