SportSport

Schoonies trek swaar in eerste Pukreeks wedstryd

Hoërskool Schoonspruit in Klerksdorp het die afgelope naweek, tydens hulle eerste Pukreeks wedstryde teen Hoërskool Wolmaransstad swaar getrek. 

Hoërskool Schoonspruit in Klerksdorp het die afgelope naweek, tydens hulle eerste Pukreeks wedstryde teen Hoërskool Wolmaransstad swaar getrek.

Nie een van die Klerksdorpers se spanne kon ‘n oorwinning behaal nie. Dié twee skole gaan in Mei mekaar weer die stryd aansê wanneer dit tyd vir die Classic Clash is. Schoonies sal dan al meer voorbereiding kon doen aangesien dié wedstryd so kort na die atletiek was.

Ruan Britz stuur ‘n skop veld af. Schoonies sal beter voorbereid wees vir hule wedstryd teen Fochville komende Saterdag, 4 Maart

“Ons het gesukkel om balbesit te behou by die afbreekpunte. So dit is iets wat ons aan moet gaan werk,” het Tian du Preez, rugbyorganiseerder by Schoonies gesê.

Schoonies speel hulle volgende PUK reeks wedstryd, Saterdag, 4 Maart, tuis teen Fochville.

Die volledige uitslae is soos volg:

0/14: 10 – 31
0/15: – 5 – 26
0/16: 0 – 54
2de: 0 – 38
1ste: 7 – 48

Cornus Mouton maak ‘n kraglopie tydens Schoonies se wedstryd teen Wollies

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button