SportSport

Potch Dorp maak honderdtal in voorseisoen wedstryd

Potch Dorp het die afgelope naweek, 108 -13 teen Fochville gewen. 

Potch Dorp het die afgelope naweek, 108 -13 teen Fochville gewen.

Die wedstryd is deel van die klub se voorbereiding vir die Phillip Janse van Rensburg (PVR) toernooi wat op 11 Maart afskop. Dorp se tweede span het ook met 38 – 15 vir Fochville gewen.

Dorp het tot dusver baie goeie voorbereiding vir die komende seisoen gehad. Al hulle voorseisoen wedstryde het hulle gewen en dit lyk of hulle op baie goeie plek is om hulle Neserbeker te verdedig, en nog beter in die PVR toernooi te vaar.

“Ons is besig om ń Olifant happie vir happie te eet. Klein wenne week vir week sal bydrae tot n suksesvolle seisoen. Voorseisoen is suksesvol, ons word nie gepla deur tellings nie. Gaan oor wat op die veld gebeur en hoe die kombinasies saam werk en die spanne begin saam werk en gees bou,” het Bolla van der Merwe, voorsitter van die klub gesê.

Spelers wat nog nie by die klub aangeluit het nie is nog welkom om dit te doen. Die klub oefen Dinsdae en Donderdaeaande van 18:00 – 19:30.

Daar word ‘n klub dag vir komende naweek, 4 Maart, beplan. Spelers gaan ‘n oefensessie hê waarna almal saam gaan kuier. Op 11 Maart begin die ernstige werk, waneer Dorp hulle PVR veldtog teen Westonaria afskop.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button