SportSport

Volkies se jonges struikel in Finsbury A-liga finaal teen Waterkloof

Sodoende het Volkies oor die laaste hekkie gestruikel met ‘n ses paaltjie nederlaag.

Hoër Volkskool Potchefstroom se o.15A krieketspan kon nie die wa deur die drif trek in die 2023 Finsbury A-liga eindstryd teen Hoërskool Waterkloof op Saterdag, 25 Februarie nie.

Sodoende het Volkies oor die laaste hekkie gestruikel met ‘n ses paaltjie nederlaag. Dit na ‘n fantastiese toernooi waar hulle vir die eerste keer vir die Finsbury A-liga eindstryd gekwalifiseer het.

Volkies kolf eerste en behaal 219 almal uit in 50 beurte. Olefa Padi is die anker in die beurt met ‘n selfversekerde 50 van 73 balle. Schalk Pienaar maak 45 (75) terwyl Theunis Nel sy kolf laat swaai vir ‘n blitsige 39 (22).

Handré de Beer behaal 2/32 in 10 beurte met die bal, maar dit is nie genoeg vir Volkies om vir Klofies te stuit nie.

Volkies het ook nie in kritieke tye hulle vangskote benut nie en dit het hulle ook in die hakskeen gebyt.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button