
Laerskool M.L. Fick se jaarlikse aandreeks skop Donderdag, 9 Maart, af.
Dit beloof om soos elke jaar, ‘n totale rugbyfees te wees. Dit is ‘n gulde geleentheid vir afrigters om hulle spanne reg te kry voordat die liga begin. Die groot aantrekkingskrag is die kans vir Laerskoolseuns om soos hulle helde onder die ligte te speel.
In Donderdag, 9 Maart se eerstespan wedstryde, gaan Emmies vir Laerskool Meiringspark van Klerksdorp aanvat.
Divan Visser se span het al drie wedstryde onder die belt en met groot wedstryde wat tydens die aandreeks wag, gaan dit hulle help om goed in vanjaar se liga te vaar.
Diè wedstryd skop om 20:10 op M.L Fick se velde af.
Op Potch Dorp se velde gaan Baillies vir Noordvaal van Orkney aanvat. Na ‘n moeilike wedstryd teen Saamtrek het Baillies goeie vordering gewys om Kollegepark 14 -5 te wen. As Baillies hulle momentum teen Noordvaal kan hou gaan hulle baie goeie voorbereiding vir die seisoen hê.
Die kragmeting begin om 15:50 op Potch Dorp Rugbyklub se veld
Die volledige bepalings vir die aandreeks os soos volg:
Donderdag ,9 Maart:
M.L Fick se velde
12:00 – 12:40: o/8 Baillie Park vs M.L. Fick
12:40 – 13:30 o/9B Baillie Park vs President Pretorius
13:30 – 14:20 o/9 Rapportryer vs Saamtrek
14:20 – 15:10 o/9 Vaalpark vs Mooirivier
15:10 – 16:00 o/9A Rissiville vs Baillie Park
16:00 – 16:50 o/10 Rissiville vs Baillie Park
16:50 – 17:40 o/11 Noordvaal vs President Pretorius
17:40 – 18:30 o/10 Rapportryer vs Saamtrek
18:30 – 19:20 o/10 Vaalpark vs Mooirivier
19:20 – 20:10 o/13B Baillie Park vs M.L. Fick
20:10 – 21:00 o/13A Meiringspark vs M.L. Fick
Potch Dorp se Velde:
13:20 – 14:10 o/10 Parys vs M.L. Fick
14:10 – 15:00 o/13A Goudkop vs Rapportryer
15:00 – 15:50 o/11 Rapportryer vs Saamtrek
15:50 – 16:40 o/13A Noordvaal vs Baillie Park
16:40 – 17:30 o/9B Saamtrek vs Goudkop
Olënpark B-Veld:
13:00 – 13:50 o/9 Parys vs M.L. Fick
13:50 – 14:40 o/11 Goudkop vs M.L. Fick
14:40 – 15:30 o/13B Saamtrek vs Mooirivier



