SportSport

Twee oud-Gimmies in KSA se Nasionale Akademiegroep ingesluit

Jansen en Seleka speel tans provinsiale krieket vir die Noordwes Dragons en is die enigste twee spelers van hierdie span wat hierdie uitgesoekte groep behaal het.

Twee voormalige Potch Gimmie krieketsterre, Duan Jansen en Caleb Seleka, is in Krieket Suid-Afrika (KSA) se Nasionale Akademiegroep vir 2023 ingesluit.

Jansen en Seleka speel tans provinsiale krieket vir die Noordwes Dragons en is die enigste twee spelers van hierdie span wat hierdie uitgesoekte groep behaal het.

Jansen het in die 2022/23 seisoen goeie vertonings met beide kolf en bal gelewer terwyl Seleka ondanks sy besering, ook veral in die T20-formaat aan die einde van 2022 vir NW uitgeblink het.

Duan Jansen en Caleb Seleka is twee Noordwes Dragons spelers wat in die Krieket Suid-Afrika se Nasionale Akademiegroep ingesluit is. Foto: Wouter Pienaar.

Die Nasionale Akademie speel ‘n belangrike rol in die Hoë Prestasie-pyplyn van die Proteas aangesien die doel is om jong spelers vir professionele krieket op die hoogste vlakke voor te berei.

Spelers uit verskeie provinsies, sowel as voormalige SA o.19 spelers word vir hierdie SA Akademiegroep gekies.

Die hoëprestasie-program sal vanaf 1 Mei tot die einde van Julie plaasvind. Spelers sal in ‘n oefenkamp betrokke wees, terwyl daar ook spesifieke individuele afrigting sal plaasvind om spelers se vaardighede nog verder op te skerp.

Malibongwe Maketa sal aan die stuur van die mansgroep wees. Die 2022 SA o.19 spelers, Dewald Brevis (Titans), George van Heerden, Matthew Boast (Titans), Liam Alder (Warriors), Andile Simelane (Dolphins), Valentine Kitime (Boland) en Michael Copeland (Boland) sal ook deel van hierdie groep vorm.

2023 KSA Nasionale Akademiegroep

Liam Alder (DP World Lions), Matthew Boast (Momentum Multiply Titans), Dewald Brevis

(Momentum Multiply Titans), Okuhle Cele (Momentum Multiply Titans), Michael Copeland (Gbets

Rocks), Jordan Hermann (Dafabet Warriors), Duan Jansen (North West Dragons), Valentine Kitime

(Gbets Rocks), Andile Mokgakane (AET Tuskers), Mihlali Mpongwana (Six Gun Grill Western

Province), Siya Plaatjie (Dafabet Warriors), Josh Richards (DP World Lions), Caleb Seleka (North West

Dragons), Andile Simelane (Hollywoodbets Dolphins), Musa Twala (Momentum Multiply Titans),

Mitchell van Buuren (DP World Lions), Nealan van Heerden (ITEC Knights), George van Heerden

(Gbets Rocks).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button