SportSport

Laerskool Mooirivier se o.11 krieketspan vat brons in Super 12

In die wedstryd vir die derde plek het Tokkies hulle beste vertoning van die week gelewer om vir Laerskool Kruinsig met 179 te klop.

Laerskool Mooirivier se o.11 krieketspan het tydens die Super 12-kriekettoernooi in Rustenburg vanaf 9-12 Julie ‘n bronsmedalje behaal.

In die wedstryd vir die derde plek het Tokkies hulle beste vertoning van die week gelewer om vir Laerskool Kruinsig met 179 lopies te klop.

Na ‘n kolfbeurt van 245/5, het die boulers op Kruistig toegesak en hul kolwers vir slegs 66 almal uitgeboul.

Jeandré Boshoff boul 3 beurte, staan slegs 14 lopies af en neem 3 paaltjies. Marnó Hattingh boul 2.2 beurte, staan 8 lopies af en neem ook 3 paaltjies.

Met die kolf slaan Boshoff, 55 (51) en Jean Liebenberg 53 (49) vyftigtalle terwyl Adriaan Kruger (46 van 31 balle) en Malan Marais (41 van 29 balle) ook die pap dik aanmaak.

Dit was ‘n fantastiese spanpoging wat die toernooi beslis op ‘n hoogtepunt geeindig het.

Tokkies het die toernooi ook goed begin toe hulle vir Laerskool Kenmare op Maandag, 10 Julie met 82 lopies geklop het.

Jean Liebenberg maak 59 lopies van 72 balle. Markus Gunter boul 3.2 beurte en staan slegs 11 lopies af, en neem 4 paaltjies. Liebenberg boul 5 beurte en staan slegs 9 lopies af, en neem 3 paaltjies. In die tweede wedstryd teen Laerskool Stephanus Roos wen Tokkies met 85 lopies. Adriaan Kruger maak 55 lopies van 56 balle.

In die laaste poelwedstryd teen Randhart maak Liebenberg weer sy stem dik met die wilgerlat en maak ‘n pragtige 94 lopies van 75 balle. Liebenberg wys sy puik vaardighede met die bal ook en neem 4/25.

Tokkies het wel in die semi-finaal vasgeval teen Laerskool Elarduspark met 3 paaltjies. Sodoende moes hul speel vir die derde plek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button