SportSport

Dorp speel vir trots diè naweek

Dit was 'n moeilike jaar vir die verdedigende Neserbeker kampioene vanjaar. 

Dit was ‘n moeilike jaar vir die verdedigende Neserbeker kampioene vanjaar.

Na nog twee agtereenvolgende wedstryde wat hulle verloor het, speel hulle slegs vir hulle eie trots teen Klerksdorp die komende naweek (22 Julie).

Dit beloof om soos altyd ‘n skouspelagtige wedstryd te wees, soos dit elke jaar tussen die twee geskiedkundige Rugbyklubs is.

Volgens Joe Smith, hoofafrigter van Potch Dorp, was dit ‘n moeilike jaar gewees. ‘n Jaar waar hulle baie beserings en spelers verloor het.

Foto: Potchefstroom Dorp Rugbyklub/FACEBOOK

“Daar is maar twee of drie voorspelers wat van die begin van die jaar aanhoudend speel en dan een of twee ouens agter. Mens kry maar sulke jare, ons vat hom op die ken en werk vorentoe met die klub. Volgende jaar kan net beter gaan,” het Smith gesê.

Dorp het verlede naweek naelskraap teen Impala verloor, 43 – 40. Behalwe vir ‘n groot telling teen Welkom (76 -17) was al Dorp se tellings baie naby gewees.

Hulle diepte is beslis met talle beserings getoets en in ‘n mate die toets geslaag. Die tweedespan het goeie vertonings gelewer en lê tans derde op die punteleer. Hulle behoort na Saterdag se wedstryd hulle plek in die semi-finaal te verseker.

Volgens Bolla van der Merwe, voorsitter van Potch Dorp Rugbyklub, is dit maar Rugby.

“Ons kan nie alles wen nie. Ons is steeds die beste span van die dekade. In die laaste tien jaar het ons vier keer die beker gewen en in ses finale gespeel. Ons vroue span het die beker gewen. So nou hoop ek ons tweedespan kan die wa deur die drif trek,” het van der Merwe gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button