SportSport

Tokkies se o.13A krieketspan wys veggees

Die o.13’s eindig die toernooi op ‘n hoë noot met hul derde oorwinning in ‘n ry toe hul Laerskool Rustenburg met 3 lopies klop

Laerskool Mooirivier se o.13 krieketspan het ‘n bittersoet toernooi tydens die Super 12-reeks in Rustenburg beleef.

Bitter in die sin dat hulle in moeilike groepwedstryde aan die verkeerde kant geëindig het met drie nederlae, maar soet aangesien hul goeie oorwinnings behaal het in die uitspele. Hulle het algeheel 13de geëindig

Mooirivier verloor teen Laerskool Kruinsig (5 paaltjies), Laerskool Van Riebeeckpark (8 paaltjies), Laerskool Randhart (38 lopies). Hulle klop wel vir hul Noordwes bure van Klerksdorp, Laerskool Saamtrek met 3 lopies in ‘n uitstekende wedstryd.

Laerskool Mooirivier teken 158/8 in 30 beurte aan met Juvan Botes 39 (33) en Heinru Cato 33 (29) wat goeie kolfwerk toon.

Met die bal beperk Tokkies vir Samies tot 155/7 in 30 beurte. Botes (3/23) in 5 beurte en Wico Cato (2/18) in ses beurte is die uitblinkers vir Mooirivier in hul oorwinning.

In die eerste uitspeelwedstryd teen Laerskool Stephanus Roos van Pretoria wen Tokkies die loot en beperk hul teenstanders tot 104 lopies. Rickardt Hattingh (3/5) en Victor Scheepers (3/19) wys hul vernuf. Tokkies behaal die teiken in die 20ste boulbeurt op 106/6 en wen met 4 paaltjies. Frikkie Fourie (44 van 43 balle) lei vir Mooirivier na die oorwinning.

Die o.13’s eindig die toernooi op ‘n hoë noot met hul derde oorwinning in ‘n ry toe hul Laerskool Rustenburg met 3 lopies klop. Tokkies kolf eerste en word tot 107 almal uit beperk. Dit het dalk na te min lopies gelyk, maar Mooirivier se boulers en veldwerkers wys dat dit net-net genoeg lopies was.

Rusties word vir 104 almal uitgeboul met Janco du Plessis wat die finale vangskoot vang. Fourie (3/17) en Wico Cato (3/26) help vir Tokkies na ‘n soet sege.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button