SportSport

Top 10 vir Gimmies se eerste netbalspan by SA’s

Gimmies eindig algeheel agtste nadat hulle in die uitspeelrondtes teen Paarl Gimnasium, Helpmekaar-kollege en Hoërskool Rustenburg vasgeval het.

Potchefstroom Gimnasium se eerste netbalspan eindig onder die top 10 netbalskole in die land na hulle die afgelope naweek vanaf 21-23 Julie aan die o.19 DSTV UItdaagtoernooi teen die land se beste skole gekompeteer het.

Gimmies eindig algeheel agtste nadat hulle in die uitspeelrondtes teen Paarl Gimnasium, Helpmekaar-kollege en Hoërskool Rustenburg vasgeval het.

Afrikaans Hoër Meisiesskool (Affies) is as die wenners gekroon met Paarl Gimnasium in die tweede plek en Paarl Girls High in derde plek. Affies word ook deur die oud-Volkie en voormalige SA Proteas netbalspeler, Amanda Mynhardt, afgerig.

48 skole het aan hierdie SA Kampioenskappe by Hoërskool Florida deelgeneem. Die beste skole van elke provinsie moet eers vir hierdie gesogte kompetisie kwalifiseer. Die kompetisie is in twee afdelings, Botho (Afdeling-A) en Ubuntu (Afdeling-B), opgedeel.

Gimmies wat in die Botho-stroom deelgeneem het, kwalifiseer vir die uitkloprondtes na oortuigende oorwinnings teen Oasis (46-0), Friersdale (43-1), Gelofte (32-18) en Vosloorus (32-18) in poel A. Hulle speel ook 18-18 gelykop teen Eunice Meisiesskool van Bloemfontein in ‘n titaniese poelwedstryd.

Daarna volg die uitkloprondtes en Gimmies begin op ‘n goeie noot met ‘n 23-20 sege teen Hoërskool Secunda. Daarna eindig hulle aan die verloorkant teen sterk spanne van Paarl Gimnasium (26-8), RHS (24-18) en Helpmekaar-kollege (27-16).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button