SportSport

Emmies se eerste krieketspan tweede by Superreeks

Tydens die superreeks kom Emmies se eerste span teen top skole van Gauteng te staan en eindig algeheel tweede.

Laerskool M.L. Fick se o.11 en o.13 krieketspanne het die afgelope vakansie fantasties tydens die Superreeks by Jabaweni in Limpopo vanaf 9-12 Julie presteer.

Tydens die superreeks kom Emmies se eerste span teen top skole van Gauteng te staan en eindig algeheel tweede.

Emmies klop vir Laerskool President Steyn van Alberton met 80 lopies en volg dit op met ‘n goeie 5 lopie-oorwinning teen Laerskool Randfontein, waar die Potchefstroomers onder druk gewys het wat in hulle steek.

Foto’s: Verskaf

In die halfeindstryd klop M.L. Fick vir Laerskool Vryheidsmonument van Vereeniging met 32 lopies. Hulle kon wel nie daarin slaag om die beker te lig nie en val vas teen Laerskool Louw Geldenhuys van Linden, Johannesburg met ses paaltjies in die eindstryd.

Die o.11’s wys ook goeie vorm vroeg in die krieketseisoen en wen twee uit hul vier wedstryde.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button