SportSport

Boetie en sy jonger sussie albei Wêreldkampioene

Hierdie sibbe is Hardus (12) en Anja du Plessis (6), twee studente van die Ring Contact Fighting Art (RCFA) Elite Club in Potchefstroom, wat met ‘n kombinasie van talent, wilskrag en top afrigting hierdie merkwaardige prestasie verwerf het.

‘n Potchefstroomse boetie en sussie kan beide spog met die titel van Wêreldkampioen agter hulle name nadat hulle albei goud tydens die WKO Wêreldkampioenskappe in Barnsley, Engeland, behaal het.

Hierdie sibbe is Hardus (12) en Anja du Plessis (6), twee studente van die Ring Contact Fighting Art (RCFA) Elite Club in Potchefstroom, wat met ‘n kombinasie van talent, wilskrag en top afrigting hierdie merkwaardige prestasie verwerf het.

Hardus en Anja du Plessis, twee Ring Contact Fighting Art (RCFA) Elite Club studente is Wêreldkampioene. Foto: Verskaf.

Hierdie kampioenskappe het vanaf 4-6 Augustus plaasgevind.

Die Du Plessis’ word deur Mark Ekron afgerig.

Anja het goud in die Tatami afdeling behaal en is in die Rookie Light Continuous 5-6 jaar ouderdomsgroep vir dogters (20.1-25kg) kategorie as die beste in die wêreld gekroon.

Sy het ook silwer in die Light Continuous-kategorie (6-8 jaar – 23.5-24kg) afdeling behaal.

Hardus vat ook goud in Tatami en is die Wêreldkampioen in die Light Continuous 9-11 jaar (40.1-45kg) kategorie.

Hy behaal ook ‘n vyfde plek in die Light Contact Kickboxing-kategorie (40.5-44kg) vir seuns tussen 10-12 jaar oud.

Suid-Afrika eindig algeheel in die vyfde plek met 14 goud, 20 silwer en 17 bronsmedaljes tydens hierdie Wêreldkampioenskappe.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button