SportSport

Gimmies marsjeer nader aan promosie

Gimmies se 1ste XV en o/14A span het die afgelope naweek in die kwarteindstryd van Afdeling twee van die SDC Noordvaaltoernooi gewen. 

Gimmies se 1ste XV en o/14A span het die afgelope naweek in die kwarteindstryd van Afdeling twee van die SDC Noordvaaltoernooi gewen.

Met hierdie twee wenne beweeg hulle al hoe nader aan promosie na afdeling een toe. Die eerstespan het Brandwag van Benoni met 41 -19 geklop terwyl die o/14s, 22 – 19 oor Oosterlig geseëvier het. Die o/15 span het ongelukkig met 17 – 12 teen Piet Retief verloor.

Dit lyk na ‘n resies tussen Gimmies, Piet Retief, Wagpos en Midstream vir promosie. Gimmies sal komende naweek, in die halfeindstryd teen Midstream te staan kom. Die o/14s speel teen Piet Retief. As Gimmies hierdie wedstryde kan wen is promosie vir die Potchefstromers waarskynlik. Alhoewel die finale punt eers na afloop van die finale bepaal sal word.

Gimmies en Volkies wat weer in dieselfde liga speel sal vir Rugby in Potchefstroom baie beteken.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button