Die NWU se verdedigingsafrigter, Jean Tiedt is op pad Loftus toe.
Die Blou Bulle Rugby Unie het onlangs in ‘n verklaring bevestig dat Tiedt een van vele nuwe aanwinste by Loftus is. Hy sal op 1 September by die Unie aansluit. Hy gaan verantwoordelikheid vir die o/21 en Curriebeker se verdediging vat.
Volgens Tiedt is hy baie opgewonde oor die geleentheid.
“Dit is ‘n groot geleentheid om by nuwe mense te leer. Al waaraan ek aan dink op die oomblik, is om te begin en hard te werk sodat ek seker maak dit gaan goed. Ek wil graag ‘n verskil maak,” het Tiedt gesê.
Met Tiedt aan die stuur van die verdediging by die NWU het hulle die minste drieë in die hele kompetisie afgestaan. Hy is al sedert 2014 deel van die NWU se Varsitybeker span.
Diè boorling van Randfontein is aan die einde van 2021 ook as hoofafrigter van die NWU en Luiperds se 0/19 spanne aangewys. Hy is van onskatbare waarde vir die NWU en die Bulle het nie ‘n fout gemaak om diè gerekende afrigter aan te stel nie.



