SportSport

Baillies se boogskuts maak naam by NW kampioenskappe

By die “Bullseye”-kompetisie het Baillies ‘n tweede plek verower en by die 2D-kompetisie een stap verder gegaan met ‘n eerste plek.

Laerskool Baillie Park se boogskietspan was die afgelope naweek (5 Augustus) weer eens kookwater tydens die Noordwes Boogskietkampioenskappe wat in Rustenburg plaasgevind het

By die “Bullseye”-kompetisie het Baillies ‘n tweede plek verower en by die 2D-kompetisie een stap verder gegaan met ‘n eerste plek.

In Baillies se tweede jaar van kompetisie het hulle bewys dat hul teen groter en meer ervare skole beslis sterk kon staan.

Baillies se boogskietafrigter, Tammy-Lee Knoetze, is ook aangewys as die afrigter van die jaar vir haar uitstaande prestasies saam met hierdie talentvolle jong span.

Baillies Boogskiet se afrigter is as die Afrigter van die Jaar aangewys.

Die top 12 skuts vir “bullseye” was: David Knoetze, Gerhard Maritz, Mia Roos, Bendre Hendrikse , Divan van der Walt, Emma Coetzee, Luan Erasmus , Suzanne van der Merwe, Derik Pheiffer, Daleen Enslin, Elizma de Jager en Muller Hattingh

Die top 6 skuts vir 2D was:

Mia Roos, David Knoetze, Gerhard Maritz, Luan Erasmus, Elizma de Jager en Bendre Hendrikse.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button