SportSport

Krieketgees seëvier in Emmies se o.10 en o.11 Krieket Bash

Laerskool M.L. Fick het op Woensdag, 9 Augustus ‘n opwindende Emmies Krieket Bash aangebied waar hulle o.10 en o.11-krieketspanne teen Laerskool Baillie Park kragte gemeet het.

Laerskool M.L. Fick het op Woensdag, 9 Augustus ‘n opwindende Emmies Krieket Bash aangebied waar hulle o.10 en o.11-krieketspanne teen Laerskool Baillie Park kragte gemeet het.

Die doel van die dag was om die liefde vir krieket te bevorder en ook ‘n goeie kompeterende gees tussen hierdie twee skole uit te beeld.

Emmies se o.10 en o.11 spanne het tuisvoordeel op die dag goed benut en albei wedstryde teen Baillies gewen.

Die o.10’s wen met 2 paaltjies en die o.11’s met 7 paaltjies.

Emmies se o.11 kolwer, Handré Biewenga, het ‘n fantastiese 98* (54 balle) gemoker om sy span na ‘n oorwinning te neem.

M.L. Fick se beste boulers (o.11) was Liam Naudé en Johencu Viljoen. Hulle het ook albei die beurt as kolwers geopen.

So volg hierdie twee spanne in Emmies se eerste span se voetspore nadat hulle ook vir Baillies by die afgelope Volkies Kriekettoernooi vir laerskole met 5 paaltjies geklop het. In daardie wedstryd was Janco de Lange as die speler van die wedstryd benoem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button