SportSport

Gimmies en Affies meet kragte in Potch

Al het Affies al drie wedstryde gewen, het Gimmies se eerste span op die Gimmies Oval veral ‘n goeie poging aangewend en hul wedstryd met net 20 lopies verloor.

Potchefstroom Gimnasium se krieketspanne het op Woensdag, 9 Augustus, kragte teen Afrikaanse Hoër Seunskool (Affies) in Potchefstroom gemeet.

Al het Affies al drie wedstryde gewen, het Gimmies se eerste span op die Gimmies Oval veral ‘n goeie poging aangewend en hul wedstryd met net 20 lopies verloor.

UItblinkers vir Gimmies se eerste span met die kolf was Ewald Kruger (74 van 72 balle) sowel as Zavier van Rensburg met 62 (86). Van Rensburg is uitgehardloop nadat hy en Kruger ‘n 135-lopie vennootskap saamgestel het.

Foto’s: Wouter Pienaar

Die tuisspan het uit stoom uitgehardloop en eindig op ‘n totaal van 261/8 na 50 boulbeurte. Jonathan Eybers 24 (23) en Margeo Joubert 18 (18) het 45 lopies vir die negende beurt aangeteken om sake interessant te hou.

Affies se eerste span het vroeër met ‘n uitstekende 114-lopie openingsvennootskap gesorg dat hul van die staanspoor af op die voorvoet is.

Jorich van Schalkwyk (123* van 142 balle) dra sy kolf deur die beurt en lei sy span na 281/4 na 50 boulbeurte.

Sy mede aanvangskolwer, Lukas Janse van Rensburg, maak ook 72 (71). Die linksarm draaier, Marnu Cronje, is Gimmies beste bouler met syfers van 1/45 in 10 boulbeurte.

Gimmies se o.15A-span word met 133 lopies verslaan teen ‘n sterk Affies o.15A-groep op die Witrand Oval.

Affies kolf eerste en maak 288 almal uit. JP Botha maak 55 met Daniel Murray (51) wat ook ‘n goeie vyftigtal moker.

Jahndré Coetzee skitter vir Gimmies met die bal en neem 5/58 in sy 10 boulbeurte. Henre Cronje (2/36) en Ruhann Steenkamp (2/36) in 5 boulbeurte wys ook hulle staal teen die span van Pretoria.

Gimmies se kolwers sukkel wel teen Affies se boulaanval en word almal vir 155 uitgeboul. Lukas Kotze (83 van 94) is die enigste Gimmie wat teenstand bied.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button