Noordwes se beste skole bergfietsryers het die stof behoorlik laat spat tydens ‘n hoogs kompeterende Noordwes XCO (Cross-Country) Cup #3-byeenkoms op wat Saterdag, 5 Augustus by Hoër Volkskool Potchefstroom plaasgevind het.
Toe die stof uiteindelik sak het Potchefstroom se top bergfietsryers van onderskeidelik Laerskool Baillie Park, Hoër Volkskool Potchefstroom en Potchefstroom Gimnasium ‘n rits podiumplekke ingeryg.
Volkies het op hulle tuisgrond vier podium plekke behaal met die Stemmet-broers, Janco (Sub-junior) en Zandré (Junior) wat albei derde plekke neem. Zandré eindig in ‘n tyd van 58:01 in ‘n uitdagende wedren wat Gustav Venter van Hoërskool Wagpos in 56:00 wen. Zanri Grobbelaar (46:57) is tweede in die Junior Vroue-kategorie, terwyl Ilné du Preez (51:13) ook tweede kom in die Youth vroue kategorie.
Gimmies se Reuben Jonker vat ‘n fantastiese eerste plek in die sub-junior-kategorie in ‘n tyd van 29:01 waar hy saam met Janco Stemmet en Elardus Erasmus van Wesvalia in ‘n harde stryd betrokke was. Stemmet en Erasmus eindig albei in 29:02. Lian Louw van Gimmies is vierde in hierdie kompeterende wedren.
By die Sub-junior seuns by laerskole maak Baillies skoonskip op die podium. Alex Fourie eerste in (29:16), Joshua Botha tweede in (30:32) en Jason Gouws, derde in (31:06) vat goud, silwer en brons onderskeidelik.
By die dogters sub-junior vir laerskole neem Eva Brace tweede plek vir Baillie Park in ‘n tyd 34:39 van net agter Milan Janse van Rensburg van Laerskool Saamtrek wat in 34:09 eerste oor die wenstreep is.
By die sprog kategorie vir seuns vanaf 11-12 jaar behaal Henri Jonker van Baillies ook ‘n eerste plek in ‘n tyd van 27:48.
Baillies se ander Henrey, Henrey Jacobs, wys sy klas met die soveelste eerste plek vanjaar. Jacibs is vars van ‘n SA oorwinning verlede maand end it was geen verrassing dat hy eerste oor die wenstreep is nie. Jacobs is eerste in die Nipper seuns-kategorie in ‘n tyd van 17:58. In tweede plek is sy Baillies spanmaat, JP Cromhout in 19:04.
Baillie Park oorheers ook die Nipper meisies-kategorie en neem al drie podiumplekke. Jua Jonker (20:18) is eerste voor die Janse van Rensburg tweeling, Grizelda en Zandri. Grizelda maak ‘n kortkop voor haar sussie klaar in 20:35. Zandri ry oor die eindstreep in 21:07.
By die sub-nipper seuns (7-8 jaar) is Jannes Brace van Baillies tweede in 07:14. By die sub-nipper meisies kom Anja Potgieter (Baillies) derde in 08:48.
Die laaste ligabyeenkoms is hierdie komende Saterdag, 19 Augustus by Hoërskool Hartbeespoort.
Uitslae:
Junior Mans
1 Gustav Venter – Hoërskool Wagpos
2 Thomas-Ross Patterson – Hoërskool Klerksdorp
3 Zandré Stemmet – Hoër Volkskool
Junior Vroue
1 Tamlyn Luyt – Bergsig Academy
2 Zanri Grobbelaar – Hoër Volkskool
3 Caitlyn-Lee Lotter – Hoërskool Wesvalia
Jeug Mans
1 Luan Vermeulen – Hoërskool Rustenburg
2 Ruan Espach – Hoërskool Rustenburg
3 Christopher Steenkamp – Hoërskool Wesvalia
Jeug Vroue
1 Mieke Janse van Rensburg – Hoërskool Wesvalia
2 Ilnè du Preez – Hoër Volkskool
3 Abigail van Schalkwyk – Hoërskool Wagpos
Sub – Junior Seuns (Hoërskole)
1 Reuben Jonker – Potchefstroom Gimnasium
2 Elardus Erasmus – Hoërskool Wesvalia
3 Janco Stemmet – Hoër Volkskool
Sub- Junior Girls (Hoërskole)
1 Aimee-Lee Lotter- Hoërskool Wesvalia
2 Amone Buser – Hoërskool Klerksdorp
3 Fabiana Hans de Andrade – Hoërskool Wesvalia
Sub – Junior Seuns (Laerskole)
1 Alex Fourie – Laerskool Baillie Park
2 Joshua Botha – Laerskool Baillie Park
3 Jason Gouws – Laerskool Baillie Park
Sub- Junior Dogters (Laerskole)
1 Milan Janse van Rensburg – Laerskool Saamtrek
2 Eva Brace – Laerskool Baillie Park
3 Luca Mayoss – Laerskool Saamtrek
Sprog Seuns
1 Henri Jonker – Laerskool Baillie Park
2 Arno Strauss – Generaal Hendrik Schoeman
3 Juandre Steenkamp – Laerskool La Hoff
Sprog Dogters
1 Mieke Erasmus – Laerskool Wolmaransstad
2 Liani Myburgh – Laerskool La Hoff
3 Carli Henning – Laerskool Saamtrek
Nipper Seuns
1 Henrey Jacobs – Laerskool Baillie Park
2 JP Cromhout – Laerskool Baillie Park
3 Franco Grobbelaar – Generaal Hendrik Schoeman
Nipper Dogters
1 Jua Jonker – Laerskool Baillie Park
2 Grizelda Janse van Rensburg – Laerskool Baillie Park
3 Zandri Janse van Rensburg – Laerskool Baillie Park
Sub- Nipper Seuns
1 Juandre Fouche – Laerskool Wolmaransstad
2 Jannes Brace – Laerskool Baillie Park
3 Righardt Henning – Laerskool Saamtrek
Sub-Nipper Dogters
1 Zanellé Karsten – Laerskool Saamtrek
2 Mikah du Toit – Laerskool La Hoff
3 Anja Potgieter – Laerskool Baillie Park












