SportSport

Volkies veg om hul kaartjie vir finaal te bespreek

Beide Volkies se o.15 en o.17 sewespanne het die afgelope naweek in Klerksdorp tot die Bekerfinaal van die toernooi by Wesvalia deurgedring. 

Beide Volkies se o.15 en o.17 sewespanne het die afgelope naweek in Klerksdorp tot die Bekerfinaal van die toernooi by Wesvalia deurgedring.

Volkies se o.17 span het goeie sewes Rugby gespeel om vir Gimmies in die semi finaal te klop. Dit was 0-0 tot in die laaste oomblikke van die wedstryd. Met tyd reeds verstreke het Volkies ‘n welverdiende drie gaan druk om die wedstryd te wen.

In die finaal het hulle teen Luiperds sewes kampioene Lichtenburg te staan gekom. Die manne van Potch het hulle self goed van hulle taak gekwyt maar ‘n rooikaart vroeg in ide wedstryd het te veel gate in Volkies se verdediging gelos.

Lichtenburg het hierdie spasies uitgebuit om uiteindelik 26 – 7 te wen. Dit is die tweede toernooi in ‘n ry wat Lichtenburg wen en sal komende naweek met Volkies se toernooi as gunstelinge beskou word.

Volkies se o.15 span het teen Wesvalia in die beker finaal gespeel maar moes naelskraap die knie 29 – 26 buig.

Die volgende toernooi vind komende Saterdag op Volkies se velde plaas. Volkies wat met elke toernooi verbeter sal op tuis bodem die beker wil lig. Volkies se toernooi skop om 08:00, Saterdag 16 September af.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button