SportSport

Foto’s: Sesse reën by Baillies T10 Challenge

Volkies se span is vir ‘n tweede agtereenvolgende keer in ‘n ry as die wenner gekroon nadat hulle vir Opstal in die eindstryd geklop het.

Laerskool Baillie Park se T10 Challenge was ‘n krieketfees uit die boonste rakke met 12 spanne wat vanaf 22-25 September vir die titel gekompeteer het. Na talle sesse op Baillies se krieketveld geslaan is en paaltjies gespat het, is Volkies vir ‘n tweede agtereenvolgende keer in ‘n ry as die wenner gekroon nadat hulle vir Opstal in die eindstryd geklop het.

Foto’s: Wouter Pienaar

Baillies en Supreme Chicken was die ander spanne wat die halfeindstryde gehaal het. Hierdie toernooi was weer eens ‘n skouspel waar krieket op die einde van die dag die groot wenner was en het weer bewys hoe sport mense vanuit verskeie oorde kan saambring.

Die atmosfeer was feestelik oor al drie dae van aksie met krieketballe wat gevlieg het om ondersteuners altyd op hulle tone te hou.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button