SportSport

Nuwe voorsitter by Potch dorp het baie planne

Potch Dorp het onlangs 'n nuwe voorsitter gekies. Drikus Viljoen wat al twee jaar as speler by die klub betrokke is, is tot die amp verkies.

Potch Dorp het onlangs ‘n nuwe voorsitter gekies. Drikus Viljoen wat al twee jaar as speler by die klub betrokke is, is tot die amp verkies.
Volgens hom is hy opgewonde oor die verantwoordelikheid en het reeds baie planne in die pyplyn om op die fondasie wat reeds gelê is te bou.
“My missie as voorsitter is om ‘n omgewing te skep waarin elke lid van die klub voel hulle maak deel uit van ‘n groter gemeenskap.
“Ek beoog om ‘n kultuur van respek, integriteit en samewerking te bevorder, waar elke speler, afrigter, en ondersteuner ‘n aktiewe rol in die sukses van ons klub speel,” het Viljoen gesê.
Viljoen wil onder andere gekwalifiseerde afrigters by die klub aanstel, asook die fasiliteite opgradeer en jeugontwikkeling doen.
“Ek erken die uitdagings wat voorlê, maar ek glo dat deur die implementering van bogenoemde planne sal ons klub ‘n merkbare verbetering in prestasies en sukses sien,” het Viljoen verduidelik.
Hulle het die eerste stap geneem deur die gedugte afrigter, Henry Stewart by die klub aan te stel. Stewart is ‘n wêreldrugby vlak 3 afrigter wat al verskeie spanne tot sukses gebrei het.
“Hierdie planne is nie net my eie nie, maar die begin van ‘n gesamentlike reis na ‘n suksesvolle toekoms vir Potchefstroom Rugby Klub,” het die nuwe voorsitter gesê.
Bolla van der Merwe, die vorige voorsitter het ‘n boodskap van vertroue aan Viljoen gestuur.
“Om die Neser twee keer in drie jaar as voorsitter te kon lig wys net watter goeie ondersteuningsgroep ons was.
Alhoewel daar individuele doele was, was dit as ‘n span bereik. Ek kan net dankie sê vir die bestuur, ondersteuners, spelers en borge wat Potch Dorp die laaste klomp seisoene gedra het.
“Ek moet ook vir Jo Smith, die hoofafrigter van de afgelope vyf jaar bedank vir die sukses wat hy bereik het.
“Met die nuwe bestuur se aankondiging is die klub se toekoms vernuwe met nuwe gees.
“Ek wens die nuwe voorsitter en bestuur sterkte toe en het volle vertroue dat hulle ‘n sukses van 2024 se seisoen sal maak,” het Van der Merwe gesê.

Related Articles

 
Back to top button