Local newsSport

Potch maak naam by Noordwes Tweekamp-kampioenskappe

Die Suid-Afrikaanse Tweekamp kampioenskappe sal 7 Julie 2024 in Midmar plaasvind.

Potch se top tweekamp atlete het Saterdag, 27 April aan die Noordwes Duathlon Kampioenskappe deelgeneem. Wihan Strydom, Tihard Strydom, Isak Hitge, Charne de Meyer, Pierre Cronje, Werner Hitge, Hans Gouws en Pieter Henning het almal vanaf Potchefstroom deelgeneem.

Isak Hitge, hoofseun by Hoërskool Ferdinand Postma. Foto: Verskaf.

Wihan het ‘n eerste plek in die o.15 ouderdomsgroep behaal en was ook die algehele wenner van die Supersprintkategorie wat uit ‘n 2.5 km hardloop, 10 km fietsry, en weer 1.25 km hardloop bestaan. Tihard Strydom, ‘n leerling van Potchefstroom Gimnasium het ‘n eerste plek behaal in die o.17 ouderdomsgroep. Hy was ook die algehele wenner in die Sprintkategorie wat uit ‘n 5 km hardloop, 20 km fietsry, en weer 2.5 km hardloop bestaan. Isak Hitge, hoofseun van Hoërskool Ferdinand Postma, het die o.19- ouderdomsgroep gewen en algeheel 3de in die Sprint-kategorie geplaas. Charne de Meyer, ‘n derdejaar-student in B.A. Regte met Sielkund aan die NoordwesUniversiteit het goud in die dames 20-24 ouderdomsgroep verwerf. Pierre Cronje (40-44), Hans Gouws (65-69) en Werner Hitge (50-54) het aan die Sprint-kategorie deelgeneem en het almal goue medaljes in hul onderskeie ouderdomsgroepe ontvang. Standaardkategorie is alles deurlopend. Pieter Henning het in die mans 70-74 ouderdomsgroep goud behaal. Hy het aan die Standaard-kategorie deelgeneem wat bestaan uit ‘n 10 km draf, 40 km fietsry en weer 5 km hardloop.

Wihan Strydom het eerste plek in die o.15 ouderdomsgroep behaal. Foto: Verskaf
Charne de Meyer het goud in die dames 20-24
ouderdomsgroep behaal. Foto: Verskaf.

Related Articles

 
Back to top button