Sport

Luipies sluit SA beker op hoë noot af

Die Noordwesters het in George agt drieë gaan druk

Die Luiperds het hulle SA beker veldtog Saterdag, 18 Mei, met ‘n 45 -31 oorwinning teen die SWD afgesluit.

Die Noordwesters het in George agt drieë gaan druk. Die telling sou waarskynlik baie meer gewees het, as die Luipies hulle skopskoene ingepak het. Dit was doe vir die span om die kompetisie op ‘n hoë noot af te sluit. Dit was ook ‘n baie spesiale wedstryd, aangesien dit die staatmaker, losvoorspeler en kaptein, HP Swart se laaste wedstryd in die groen en rooi was.

“Dit was vrek lekker, baie goeie ‘send off,” het Swart na die wedstryd gesê. Lees meer oor HP in die week se uitgawe van die Herald.

Proudfoot se troepe sal nou al hulle aandag op die Curriebeker se 1ste divisie vestig. Dit was va ndie begin af, die doel om in dié kompetisie kompeterend te wees.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button