Sport

Gimmies maak skoonskip in Classic Clash

Die 1ste netbalspan het 36 - 15 gewen, die 1ste seunshokkiespan het 3-0 vir Volkies getroef terwyl die 1ste dogtershokkiespan 4-0 vir Volkies geklop het. 

Gimmies se 1ste rugbyspan het hul 13de Classic Clash sedert 2000 gewen.

Potchefstroom was Saterdag, 18 Mei tussen blou en rooi verdeel. Daar sou altyd net een wenner op die dag wees, en op Volkies se velde het Gimmies met 30 -13 geseëvier.

Volgens Jacques Botes, hoofafrigter van Gimmies, is hulle baie dankbaar vir ‘n goeie wedstryd en ‘n goeie resultaat.

“Ek dink op die einde van die dag was ons skrums en lynstane die deurslaggewende faktor. Ons het dit regtig vir hulle moeilik gemaak in die vaste fasette. Dit was baie fisies. Met halftyd was dit nog baie taai, maar in die tweede helfte het die wal klein bietjie begin breek,” het Botes gesê.

Volgens Botes, was Volkies baie goed by die afbreekpunte gewees, wat dinge vir Gimmies se bietjie moeiliker gemaak het.

“Ons het ook ‘n paar seuns gehad wat baie mooi individuele drieë gedruk het,” het Botes gesê.

Gimmies het skoonskip gemaak met die 1ste spanne in die ander sportsoorte ook. Die 1ste netbalspan het 36 – 15 gewen, die 1ste seunshokkiespan het 3-0 vir Volkies getroef terwyl die 1ste dogtershokkiespan 4-0 vir Volkies geklop het.

Related Articles

 
Back to top button