SportSport

Potch Dorp en Klerksdorp se juniors die naweek slaags

Hierdie naweek, reis die Potchefstromers na Klerksdorp om een oor hulle ou vyande te probeer kry.

Die tyd vir junior klub rugby het weer aangebreek. Potch Dorp se o.13, o.15 en o.17 spanne het verlede naweek reeds die reeks afgeskop.

Vanjaar se reeks sluit, Potch Dorp, Klerksdorp en Stilfontein Hurricanes in. Dorp speel komende naweek teen Klerksdorp nadat hulle verlede naweek teen Hurricanes die reeks afgeskop het.

Hurricanes se sterk o.13 span het Dorp met 0-25 geklop terwyl Dorp met hulle o.15 span ‘n naelbytstryd 14-10 gewen het. In die laaste wedstryd het Hurricanes se o.17 span ‘n noue oorwinning van 12 – 26 gehad.

Hierdie naweek, reis die Potchefstromers na Klerksdorp om een oor hulle ou vyande te probeer kry. Dit is nooit maklik om Klerksdorp by hulle tuiste te klop nie, maar Dorp gaan alles in die stryd werp om die oorwinning te behaal. Klerksdorp weet wat op hulle wag en sal nie die manne van Potch Dorp onderskat nie.

Die o.13 span speel om 09:00, o.15s skop 10:00 af en die o.17s sal hulle wedstryd om 11:00 begin. Alle wedstryde vind 2 November by Markotter plaas, en daar is ‘n ingangsfooi van R20.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button