SportSport

Wollies soek Noordvaal sukses

Senior spelers soos Johan Steenkamp, Johan Erasmus, Gisto Mabitso, Lucraine Wyngaardt en Thlalefo Thobedi gaan die voortou moet neem as Wollies 'n suksesvolle seisoen wil beleef. 

Alhoewel die afdeling 3 van die Noordvaal kompetisie se Noordwes been drastiese veranderinge ondergaan het, is Wollies se mikpunt steeds om sukses in dié kompetisie te behaal.

“Harties en Brits het na afdeling twee van die Bulle  geskuif en dan het Schoonspruit na afdeling 4 af geskuif. Dit los ons en Vryburg, met nuwe teenstanders in Hoërskool Kalahari en Hoërskool Kathu,” het Arno van Loggerenberg, Hoërskool Wolmaransstad se rugby organiseerder, gesê.

Dit beteken dat beide Wollies en Vryburg sal deurdring na die Noordvaal uitspele toe, die wenner tussen dié skole sal bepaal wie gaan as nommer 1 deur.

“Ons mik om ons afdeling van die NWU reeks te wen. Asook om so ver moontlik in die Noorvaal reeks te kom – minstens semis,” verduidelik van Loggerenberg.

Volgens hom het die skool se 1ste XV in 2024 ‘n moeilike seisoen beleef, maar is hulle vol vertroue dat hulle vanjaar dinge gaan regstel.

“Ek glo ons het die jaar n sterk span, het lekker diepte wat gewoonlik nie die geval is in ons klein skooltjies nie,” vertel hy.

Op 17 Mei vanjaar draf Wollies teen Vryburg uit, wat beslis die grootste wedstryd vir die twee skole op die kalender gaan wees. Die Classic CLash tussen Wollies en Schoonspruit sal ten minste in rugby terme, minder byt vanjaar hê. Aangesien Schoonspruit ‘n afdeling af geskuif het, terwyl Wollies steeds ambisies het om na afdleing twee te skuif.

“Ons wil opskuif na afdeling twee toe, die probleem is maar net getalle, in afdeling twee moet jy B-spanne in alle ouderdomsgroepe hê. Op die oomblik het ons dit nie, maar dit bly die droom,” het van Loggerenberg gesê.

Senior spelers soos Johan Steenkamp, Johan Erasmus, Gisto Mabitso, Lucraine Wyngaardt en Thlalefo Thobedi gaan die voortou moet neem as Wollies ‘n suksesvolle seisoen wil beleef.

Vir die nuutse plaaslike rugby-nuus besoek :

https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/local-rugby-hub/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button