SportSport

Die Bruin Bere takel Die Anker in NWU reeks

"Ons sien uit na die fisiese stryd wat Die Anker altyd bring,"

Hoërskool Wesvalia, kom komende naweek teen Die Anker te staan in die Klerksdorpers se eerste NWU reeks kragmeting.

Die reën wat die afgelope tyd so baie was, het dalk die span se voorbereiding ‘n bietjie gekelder, maar die Bruin Bere is vol vertroue dat hulle as oorwinnaars uit dié tuiswedstryd sal tree.

Die Anker het reeds hulle NWU reeks veldtog afgeskop, met ‘n groot oorwinning teen Wagpos. Die manne va ndie Oos-Rand, het 69 – 7 vir Wagpos geklop.

Dit sal Willem van der Sandt, hoofafrigter van Wesvalia se 1ste XV, bietjie laat na dink oor hoe hulle Die Anker gaan stuit.

“Ons is opgewonde vir die kompetisie om te begin, daar is groot verwagtinge van ons vanjaar. Ons het mooi gaan kyk waar ons kan verbeter op verlede jaar en glo ons sal die vrugte pluk van dié die introspeksie en harde werk. Ons is goed voorberei al het die reën ons bietjie gekelder, ons sien uit na die fisiese stryd wat Die Anker altyd bring,” het Van der Sandt gesê.

Die dag begin om 08:00 by Wesvalia. Die 1ste Xv skop om 12:30 af.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button