
Die Luiperds het Saterdag op tuisbodem, weer teen een van die groot spanne in die SA beker gesneuwel.
Die Pumas het in Potchefstroom kom kuier waar hulle die Luipies met 10 -80 kaf gedraf het. Dit was ‘n behoorlike drieë fees, op die Honderhok. Die Pumas het 12 keer agter die pale gaan kuier, en 10 van die drieë verdoel.
Danrich Visagie wat destyds vir die Luiperds gespeel het, het agt va ndie drieë verdoel en self een keer gaan druk. Die Luiperds is steeds tweede van onder af op die punteleer, hulle reis volgende naweek na Wellington om die Boland Kavaliers aan te durf, nog ‘n moeilike wedstryd vir die sukkelende Luipies.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



