SportSport

Potch Dorp verower derde plek in PVR

Die Potchefstromers en Impala rugbyklub van Rustenburg, was in die tweestryd gewikkel vir die 3rde plek.

Potch Dorp het die afgelope naweek, vir hulleself ‘n derde plek in die Phillip van Rensburg uitdaagbeker los gespeel.

Die Potchefstromers en Impala rugbyklub van Rustenburg, was in die tweestryd gewikkel vir die 3rde plek. Dorp het goeie rugby gespeel en die wedstryd met 29-10 gewen.

Die oorwinning sal vir hulle goeie selfvetroue gee wanneer die Presidents beker komende naweek, 10 Mei afskop.

Volgens Henry Stewart, hoofafrigter van Potch Dorp, was daar ‘n paar oomblikke wat die spel bietjie losgeraak het, maar toe die manne van Potch weer in hulle strukture gespeel het, is daar punte aangeteken.

“Ons verdediging is nog te stadig en ons sal moet meer aggresief die lyn opvat. Oor die algemeen is ek gelukkig maar ons het vier drieë weg gegooi. waarvan 2 was oor tierlantyntjies met agter die rug aangee in plaas van net gewone aangee.  Die naweek teen Sibanye is ‘n groot toets maar ek glo die spanne sal vir die uitdaging opgewasse wees,” het Stewart verduidelik.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button