SportSport

Gimmies gaan groot in eerste Noordvaal kragmeting

Gimmies se verdediging van hulle Noordvaal-Bowl afdeling titel kon nie beter begin nie.

Gimmies het hulle eerste wedstryd van hulle Noordvaal-Bowl afdeling veldtog, Saterdag, 10 Mei afgeskop.

Dit was ‘n moeilike wedstryd om die liga mee te begin. Die Potchefstromers moes Ermelo toe reis om die Hoërskool Ermelo aan te durf.

Dit was ‘n lang reis, maar die Gimmies se lywe het gehou. Die eerste XV het die wedstryd met 19- 47 gewen.

Volgens Regardt Kleingeld, Direkteur van Rugby by Gimmies, is hy baie gelukkig oor die uitslae.

“Veral na ses weke van geen wedstryde en dan nog so ver reis, is ek baie gelukkig. Daar is nog baie werk wat voorlê. Soos die gesegde gaan, die beker word nie in Mei gewen nie. Ons is besig om hard voor te berei vir Randburg die naweek, maar ons reg vom ons titel te verdedig,” het Kleingeld gesê.

Die volledige uitslae van die dag se rugby is soos volg:
o.14A 29 -26
o.14B 38 -12
o.15A 22-17
o.15B 17-32
o.16A 24 -21
1ste 19-47
2de 10 -13
3de 51 -15
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button