Local newsSportSport

Boogskietsterre van Baillies skitter in Rustenburg

Baillies se skuts skiet raak en wen groot by Rustenburg se interskole.

Baillies se skuts het op 17 Mei aan die RHS interskole-kompetisie in Rustenburg deelgeneem.

Die span het eerste plek behaal in die 3D-afdeling met ’n algehele punt van 1540/1800.

Die span wat dit moontlik gemaak het, is:

  • David Knoetze
  • Leanie Claassen
  • Anne-Belle Watson
  • Christelle Maritz
  • MJ Kruis
  • Luan Erasmus

Baie van die skuts het ook nuwe persoonlike beste punte in beide 3D en Bullseye behaal.

Hulle het ook ’n paar individuele medaljes ontvang:

Cubs:

Zandri Hugo het eerste plek behaal in beide 3D en Bullseye met ’n punt van 245/300 vir 3D en 258/300 vir Bullseye.

Junior Seuns:

David Knoetze – Eerste plek in Bullseye met ’n punt van 285/300, en tweede plek vir 3D met 276/300

Junior Dogters:

Leanie Claassen – Derde plek vir 3D met ’n punt van 266/300

Anne-Belle Watson – Tweede plek vir Bullseye met ’n punt van 285/300

“Baie geluk aan julle almal! ongelooflik trots op elkeen van julle,” het die skool op sosiale media gesê.

Kyk na die fotos hier:

David Knoetze.

Die span.
Baillies wys hulle trofees.
Zandri Hugo.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button