Die Suid Afrikaanse rekord vir vroue 35km stap word nou deur ‘ Potchefstromer gehou.
Jessica Groenewald het Saterdag, 24 Mei, die Suid Afrikaanse sowel as die Afrika-rekord in dié item gebreek. Sy het tydens ‘n atletiek byeenkoms in Kaapstad die 35km stap in 03:10:40 klaar gemaak. Dit is is omgeveer 10 minute vinniger as die vorige rekord wat in 2018 opgestel is. Sy het die Afrika rekord met omtrent vier minute verbeter.
Groenewald wat ASNW (Atletiek Sentraal Noordwes) verteenwoordig, was loshande die wenner met Nthatisi Mokhele van Sentraal Gauteng wat die silwer medalje ontvang het met ‘n tyd van 03:56:10.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



