Local newsSportSport

Druk op Volkies vir wen die naweek

Volkies mik vir belangrike oorwinning teen Eldoraigne om Noordvaal Bowl-droom aan die lewe te hou ná twee nederlae.

Volkies is in ‘n moet wen situasie wanneer hulle die naweek na Eldoraigne reis vir hulle volgende Noordvaal Bowl-afdeling kragmeting.

Volkies sal wil keer dat hulle drie in ‘n ry verloor nadat hulle teen Gimmies en meer onlangs teen Merensky kort gekom het.

Volgens Mighael de Beer, hoofafrigter van Volkies se 1ste XV, is dit altyd ‘n taai wedstryd teen Eldoraigne.

“Ons het hulle nog nie gewen nie, hulle is ‘n groot skool, maar ons het planne vir die wedstryd. Ons het ‘n paar skuiwe gemaak. Ons aanval gaan baie beter wees, so ek is opgewonde,” het de Beer gesê.

Volkies lê tans in 8ste plek op die punteleer, maar het nog net 3 wedstryde gespeel. ‘n Bonuspunt wen kan die Potchefstromers weer in die top 5 indruk.

Die wedsstryd tussen Volkies en Eldoraigne vind in Pretoria op 7 Junie plaas.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button