NWU ondersoek ‘Kill the Boer’-sang voor koshuis
NWU ondersoek video van "Kill the Boer"-sang voor koshuise. Afriforum jeug wil druk op die universiteit plaas om op te tree.
Die NWU ondersoek tans ‘n voorval waarin die gewraakte lied “Kill the Boer” voor ee nva ndie koshuise op die Potchefstroom kampus gesing is.
Die voorval het glo omstreeks 23:00 op 5 Junie plaasgevind. ‘n Video van die dreunsang is deur Afriforum Jeug op sosiale media gedeel. Daar kan duidelik gehoor word dat iemand “Kill the Boer” sing.
“Hoe kan dit toegelaat word op ’n kampus waar studente veronderstel is om veilig te voel?” het die organisasie op hulle Facebookblad gevra.
“Die NWU beskou die skending of oortreding van menseregte, beleide en reëls in ‘n ernstige lig en veroordeel ten sterkste enige optrede of gedrag wat poog om sy waardes te ondermyn. Daarom het die universiteit die nodige ondersoek na die beweerde voorval begin. Ons verseker ons belanghebbendes dat daar teen enigiemand wat skuldig bevind word, ferm opgetree sal word in ooreenstemming met toepaslike reëls en regulasies,” het Louis Jacobs, Direkteur van korporatiewe kommunikasie van die NWU gesê.
Afriforum Jeug, het ‘n petisie op hulle webtuiste van stapel gestuur om druk op die universiteit vol te hou sodat daar opgetree moet word.
Puk-studente word gedreig deur die “Kill the Boer”-lied op kampus.



