SportSport

Jong Tokkie het hulp nodig om rugby-droom te bewaarheid

'n Jong rugby-speler van Tokkies, Warona Ngobeni is gekies vir ’n toerspan na Italië. Sy gesin hoop op gemeenskapssteun om sy droom waar te maak.

‘n Jong rugby-speler van Tokkies, is vir ‘n toerspan na Italië, gekies.

Dit is ‘n besonderse geleentheid vir hom om sy Rugby ervaring te verbreed. Die toer word deur Blue Running Sport Internatioanl gereel en vind van 5 -13 Desember plaas.

Glorys Ngobeni, die seun se ma, verduidelik dat die toer die gesin R70 000 kos.

“Ek het al self R30 000  bymekaar gemaak, maar ons kort nog die res. Enige donasies sal waardeer word,” het sy verduidelik.

Warona Ngobeni het vanjaar so bietjie vir Tokkies se tweede span uitgedraf. Volgens sy afrigter Jackie Golden, is hy ‘n baie aangename seun, wat baie pontesiaal gewys het.

“Hy speel maar nog net twee jaar al rugby, ek dink hy sal ‘n goeie sewes-speler wees. Hy het so kenmerkende grubber-skop, wat hy doen en dan om sy opponent hardloop,” het Golden verduidelik.

Inwoners wat die Ngobeni gesin kan help, kan vir Glorys Ngobeni op 078 815 8275 of 073 544 3299 skakel.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button