‘n Groot fees by Op-die-Stoep Potjiekosfees
Dit was ook ‘n geleentheid vir die gemeente om lekker saam te kuier.
Suiderkruis NG Gemeente Potchefstroom het op 13 September hulle Op-die-Stoep Potjiekosfees gehou.
Die geleentheid was nie net ‘n fondsinsamelingsprojek nie, maar ook ‘n geleentheid vir die gemeente om lekker saam te kuier.
Hein Fourie, die hooforganiseerder van die potjiekosdees vertel toe dit tyd kom by die beplanning van hulle jaarlike potjiekoskompetisie, het hulle besluit om dit op die stoep te hou en ‘n fees te maak, in plaas van om dit hierdie jaar weer ‘n kompetisie te maak.
Die feestelikheid het bestaan uit heerlike potjiekos, tradisionele gemmerbier en pynappelbier.
Gaste is vermaak deur Hennie Smit (Bertie van Egoli) en oom Wietsche Fourie (Maak’n Las faam), wat staaltjies en stories vertel het. Die plaaslike boereorkes, Oppie-Stoep-dans orkes, het ook verseker dat die dag gevul was met goeie musiek.








