O/16 T20 Gimmiefees, bring uitstekende gehalte kriekt na Potchefstroom.
Verskeie o.16 krieketspanne het verlede week in Potchefstroom, vir ‘n opwindende kriekettoernooi op Potchefstroom neer gesak. Die T20 Gimmiefees het Marais Viljoen, Potchefstroom Volkskool, Potchefstroom Gimnasium, Hoërskool Klerksdorp, Wesvalia Hoërskool, Hoërskool Kemptonpark, Hoërskool Monument en Leeuwenhoff Akademie almal bymekaar gebring.
Marais Viljoen van Alberton was die uiteindelike wenners van die toernooi, maar Gimmies het naelskraap teen hulle in die eindstryd verloor.
“Marais Viljoen het 1 van 1 bal gekort toe kry hulle die lopie. Dit was ‘n uitstekende wedstryd en Marais Viljoen verdien die wen,” het Jandré Jacobs, direkteur van krieket by Gimmies gesê.
Gimmies het in aanloop tot die eindstryd al die ander spanne geklop, selfs Marais Viljoen, maar dit was die manne va nALberton wat op die dag die beste was.
Volkies wat ook aan die toernooi deelgeneem het betendig gevaar met slegs twee wedstryde wat hulle verloor het. Hulle het teen Marais VIljoen en Gimmies verloor.
Die uitstaan spelers is aan die einde van die toernooi gekies, met Gimmies wat met al die louere weg gestap het.
Ruhann Steenkamp het goed met kolf en bal vertoon en is as speler van die toernooi aangewys.
Terwyl Lukas Kotze wat 313 lopies aangeteken het in die toernooi as kolwer va ndie toernooi aangewys is. Hy het 83 meer lopies as die naasbeste kolwer aangeteken.
Die bouler van die toernooi was Ruhann Steenkamp wat 13 paaltjies gevat het.



