Volkies krieket presteer op toer
Volkies het drie van hulle vier wedstryde in Durban gewen.
Volkies se o.14 krieket-seuns was die Oktober-vakansie op toer by Northwood in Durban en het uitstekende krieket opgelewer.
Volkies het drie uit vier wedstryde gewen met goeie oorwinnings teen Glenwood, Waterkloof en Northwood.
Daar was ook goeie individuele vertonings met Daniel Jacobs wat goeie beurte van 73 teen Northwood en 58 teen Glenwood opgelewer het.
Suresh Adams was aangewys as speler van die wedstryd teen Waterkloof vir sy 7 paaltjies vir net 20 lopies. Suresh het ook ‘n goeie 62 lopies teen Northcliff geslaan wat Volkies amper oor die lyn in ‘n kompeterende wedstryd gekry het.
Juhan Nortje het ook deurlopend uitgeblink met die bal.
“Baie geluk aan al ons spelers en afrigters, die toekoms van Volkies se krieket is blink,” het die skool op sosiale media geprys.



