Local newsSportSportSport

Volkies krieket presteer op toer

Volkies het drie van hulle vier wedstryde in Durban gewen.

Volkies se o.14 krieket-seuns was die Oktober-vakansie op toer by Northwood in Durban en het uitstekende krieket opgelewer.

Volkies het drie uit vier wedstryde gewen met goeie oorwinnings teen Glenwood, Waterkloof en Northwood.

Daar was ook goeie individuele vertonings met Daniel Jacobs wat goeie beurte van 73 teen Northwood en 58 teen Glenwood opgelewer het.

Suresh Adams was aangewys as speler van die wedstryd teen Waterkloof vir sy 7 paaltjies vir net 20 lopies. Suresh het ook ‘n goeie 62 lopies teen Northcliff geslaan wat Volkies amper oor die lyn  in ‘n kompeterende wedstryd gekry het.

Juhan Nortje het ook deurlopend uitgeblink met die bal.

“Baie geluk aan al ons spelers en afrigters, die toekoms van Volkies se krieket is blink,” het die skool op sosiale media geprys.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Smith

As a passionate journalist and photographer, I strive to tell meaningful stories through both words and images. With a keen eye for detail and a love for people and their stories, I aim to capture the heart of every moment and bring local news and community stories to life.

Related Articles

Back to top button