Potchefstroom Gimnasium het die afgelope naweek die Gimnasium-stryd teen Welkom Gimnasium in Welkom aangepak.
Potch Gimmies se hokkiespanne het absoluut oorheers, met beide seuns en dogters wat altesaam 41 doele aangeteken het. Welkom Gimnasium kon slegs een doel aanteken.
Potch Gimmies se eerstespan seuns het met 6-0 gewen, terwyl die dogters met 8-0 geseëvier het.

Volgens Potchefstroom Gimnasium se hokkiedirekteur, Zandrie Reynders, voel die afrigters positief nadat hulle meer tyd kon bestee om posisies te hersien en na strukture binne die spanne te kyk.
“Ons het goeie samehorigheid in die spanne en ’n lekker kultuur. Ons het die afrigters bemagtig om te sien watter skuiwe gemaak kan word. Al die afrigters kon die wedstryde kyk om hul insette te gee. Ons kon ook kyk wat ons uitdagings is waaraan ons gaan moet werk. Dit was baie positief en ons sien uit na die seisoen wat voorlê,” het Reynders gesê.
Op die netbalbane was sake baie nader, met die besoekers wat die o17A-wedstryd met 22-16 gewen het. Die o14A, o15A en o16A-wedstryde het Welkom Gimnasium egter gewen. Die o14A en o15A-wedstryde is albei met slegs een punt beslis.

Op die rugbyfront het Potch Gimmies se eerstespan met 10-29 teen Welkom vasgeval. Die besoekers se o.15A-span het egter met 31-19 gewen. Die tuisspan se o14A- en o16A-spanne het met 24-19 en 29-24 onderskeidelik gewen.
Gimmies se rugbydirekteur, Regardt Kleingeld, noem dat hierdie interskole deel vorm van ’n nuwe rigting vir Gimmies se rugby.
“Ons drie nuwe interskole teen Welkom Gimnasium, Rustenburg en Duineveld, sowel as ons toere wat deel is van die grootste feeste in die land, is goeie voorbereiding vir Noordvaal,” het hy gesê.

Uitslae:
Rugby
- o14A: Potch Gim 19–24 Welkom Gim
- o14B: Potch Gim 30–11 Welkom Gim
- o15A: Potch Gim 31–19 Welkom Gim
- o15B: Potch Gim 29–24 Welkom Gim
- o16A: Potch Gim 24–29 Welkom Gim
- o16B: Potch Gim 12–12 Welkom Gim
- o19C: Potch Gim 0–48 Welkom Gim
- o19B: Potch Gim 3–24 Welkom Gim
- o19A: Potch Gim 10–29 Welkom Gim
Netbal
- o14A: Potch Gim 16–17 Welkom Gim
- o14B: Potch Gim 18–8 Welkom Gim
- o14C: Potch Gim 11–8 Welkom Gim
- o15A: Potch Gim 17–18 Welkom Gim
- o15B: Potch Gim 11–6 Welkom Gim
- o15C: Potch Gim 19–4 Welkom Gim
- o16A: Potch Gim 9–16 Welkom Gim
- o16B: Potch Gim 17–17 Welkom Gim
- o17A: Potch Gim 22–16 Welkom Gim
- 2de span: Potch Gim 30–1 Welkom Gim
- 3de span: Potch Gim 24–3 Welkom Gim
Dogtershokkie
- o14A: Potch Gim 5–0 Welkom Gim
- o15A: Potch Gim 10–0 Welkom Gim
- o16A: Potch Gim 2–1 Welkom Gim
- 1ste span: Potch Gim 8–0 Welkom Gim
Seunshokkie
- o16A: Potch Gim 10–0 Welkom Gim
- 1ste span: Potch Gim 6–0 Welkom Gim



