Ryno Visagie van Potch Dorp op die aanval teen Northam Wolves. Foto: Wouter Pienaar
Potch Dorp Rugyklub se eerste en tweede spanne het die afgelope naweek modder getrap op ‘n sopnat Olënpark tydens die Phillip van Rensburg-trofee en Mervyn Taylor-skild eindstryde.
Op Saterdag, 28 Maart, het die Koedoe Bulle van Zeerust Rugbyklub vir Potch Dorp se tweedes met 24-9 in die eindstryd geklop. Franco van Niekerk het met drie strafskoppe vir Dorp geslaag. Vir Zeerust was hul agtsteman, Hilton Boshoff, uitstekend.
Foto’s: Wouter Pienaar
Northam Wolves vier hul 41-0 sege in die Phillip van Rensburg-eindstryd. Foto: Northam Wolves/Facebook.Franco van Niekerk van Potch Dorp se tweedes. Foto: Wouter PienaarDit was ‘n klipharde stryd in die eindstryd van die Mervyn Taylor-skild.Hilton Boshoff van Zeerust op die aanval.Ryno Visagie van Potch Dorp op die aanval teen Northam Wolves. Foto: Wouter PienaarAdrian Johannes kry spoed.Lister Cochran van Potch Dorp se eerstespanAndré Grobbelaar, losskakel van Potch Dorp.
Potch Dorp se eerstespan het met 41-0 teen Northam Wolves verloor. Dit was ‘n goeie toets vir Potch Dorp wat teen ‘n baie sterker en groter klub in moeilike omstandighede moes meeding.
In die algeheel was dit ‘n puik dag vir klubrugby wat goed ondersteun is met ‘n goeie gees wat deurentyd geheers het.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.