SportSport

NWU gee Maties pak met ‘n 50-10 sege om plek in VB-eindstryd te bespreek

Die NWU Eagles het hul beste wedstryd van die seisoen gespeel om Maties met 40 punte te klop.

Dit was 40 minute van plesier vir die NWU Eagles en 40 minute van pyn vir Maties wat moes toekyk hoe ‘n 10-10 rustydtelling in ‘n 50-10 oorwinning vir die NWU verander in die Varsitybeker halfeindstryd vanaand (Maandag, 6 April) op die Fanie du Toit Sportgronde.

Die NWU was oorheersend in hul spel en het met sewe drieƫ vir Maties geen kans gegee nie. Maties was met 7-0 voor na Janlu Basson se drie, maar dit was die laaste van hul geluk op die dag. Ricardo Fourie het die NWU se eerste drie in die eerste helfte gedruk.

Dit was veral die NWU se voorry en voorspelerpak wat by skrumtyd vir die besoekers laat swaarkry het. Boeta Buthelezi, Jordan McLoughlin en Jason Oosthuizen was uitstekend. Buthelezi het pure krag gewys toe hy Maties se skrum terugedruk het op hul vyfmeter-lyn om vir agtsteman, Sean Roulston, te laat oorduik.

Kaptein, Stephan Krugel het met ‘n drie gedruk, was verantwoodelik vir die afstorm van ‘n Maties-skop wat tot ‘n die gelei het en het ook deurgaans harde rugby gespeel. Die oopkantflank, Ricardo Fourie, is as die speler van die wedstryd aangewys.

Die drie van die wedstryd was ongetwyfeld, die losskakel MJ Mostert se perfekte kruisskop onder druk, wat mooi in die hande van linkervleuel, Logan Janeke geland het. Hy het oor die doellyn met ‘n glimlag geseil om die telling toe na 27-10 te vergroot.

Buthelezi het met flink voetwerk ‘n los bal vorentoe geskop wat Jamaine Dampies opgeraap het om Maties se koppe te laat sak.

NWU afrigter, Burger van der Westhuizen, wens vir Ricardo Fourie geluk. Foto: Wouter Pienaar
Ricardo Fourie is as die speler van die wedstryd teen Maties aangewys.

Die plaasvervanger skrumskakel, Gary Otto, het ook ‘n drie gedruk wat onthou sal word. Hy het na ‘n fantastiese skrum, spasie gehad om met ‘n fopaangee verby ‘n paar Matie-verdedigers te snel om onder die pale te gaan duik.

Janeke het ook weer gaan druk net voor die einde van die wedstryd om die vyftigtal vir Burger van der Westhuizen se manne te verseker.

Soos ‘n bord in die skare gestel het: “Die NWU is nie jou Matie nie.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button