SportSport

Tukkies is tops teen NWU in eindstryd

Dit was nie die NWU se aand in Pretoria teen Tukkies nie.

Vir die eerste keer sedert 2022 is Tukkies weer die Varsitybekerkampioene nadat hulle NWU met 31-3 in die 2026 Varsitybekereindstryd op Maandagaand (13 April) geklop het.

Tukkies het te veel in die tenk vir NWU gehad, wat met rustyd 10-3 agter was, en in die tweede helfte te veel foute gemaak het waarop die tuisspan vinnig gereageer het.

Tukkies se regtervleuel, Andile Myeni, sowel as die losskakel, Divan du Toit, het goeie wedstryde beleef. Die tuisspan se eerste drie het uit ’n rolmaalbeweging gekom wat in ’n strafdrie ontaard het.

MJ Mostert van aan vir die NWU. Foto: Christiaan Kotze/Asem Engage

NWU, wat vanjaar hul pad na die doellyn goed geken het, kon nie eenkeer oor die lyn gaan nie. MJ Mostert het met ’n strafskop die enigste punte vir die Potchefstromers aangeteken, maar daarna het Tukkies momentum gebou en nie vir die NWU geleenthede gegee nie.

Dit was nie NWU se aand nie, maar hulle sal met hul koppe omhoog kan terugkyk na ’n seisoen waarin hulle alles gegee het.

Tukkies sal nou hul sesde sege vier en weet dat hulle die universiteit met die meeste Varsitybekertitels is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button