SportSport

Gimmies vat Duineveld aan in Interskole

Gimmies is vandag (Saterdag, 18 April) tuis in aksie teen Duineveld van Upington.

Potchefstroom Gimnasium se netbal, hokkie en rugbyspanne gaan vandag (Saterdag, 18 April) teen Hoërskool Duineveld van Upington op tuisveld te staan kom.

Gimmies se hul beste voet wil voorsit en sterk vertonings wil lewer teen die besoekers.

Gimmies se eerste netbalspan gaan 10:40 in aksie wees. Die o19A rugbyspan sal 12:30 op die Mooivallei-sportgronde sake teen Duineveld uitspook.

Volgens Regardt Kleingeld, rugbydirekteur van Potchefstroom Gimnasium, het die seuns baie uit die wedstryde in die voorseisoen geleer, omdat hul teen top skole gespeel het, wat vier liga’s bo hul is.

“Ons glo yster slyp yster so ons seuns leer baie oor waar hul moet verbeter. Ons vertrou die proses en ons werk hard om ons foute teen die groter skole te minimaliseer. Ons gaan alles in die stryd werp om die wedstryde teen Duineveld te veld. Ek glo dit gaan goed gaan. Ondersteuners kan gerus kom kyk,” noem hy.

Die eerste Noordvaal-wedstryde sal teen Midstream College wees tuis op 25 April.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button