Janize Maree was uitstekend op verdediging vir Volkies. Foto: Wouter Pienaar
Volkies se eerste netbalspan het die Noordwesliga met ‘n puik 40-10 oorwinning teen Hoerskool Lichtenburg op Donderdag, 16 April begin.
Volkies se eerstespan was kookwater op hul tuisbaan en het die wedstryd deurgaans beheer. Hierdie wedstryd speel ook ‘n rol tot die opbou van die Volkie-Gimmie Classic Clash-naweek wat vanaf 22-23 Mei plaasvind.
Volkies is hierdie komende naweek eers in aksie in die halfeindstryde van die NWU Prestigereeks.
Hier is van die foto’s teen Lichtenburg: (Foto’s – Wouter Pienaar)
Haylene Blankenberg en ‘n Lichtenburg speler veg vir ‘n bal.Die afrigtingsspan van Volkies maak aantekeninge tydens die wedstryd.Nadine MulderJanize Maree was uitstekend op verdediging vir Volkies.Milan Krauze het die doele ingepalm.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.