SportSport

Gimmies te sterk vir Duineveld by Mooivallei

Gimmies se eerste rugbyspan het Saterdag vir Duineveld met 38-26 geklop.

Potchefstroom Gimnasium se eerste rugbyspan was die afgelope naweek op hulle stukke in Interskole-wedstryde teen Hoërskool Duineveld van Upington.

Die eerstespan het met 38-26 teen Duineveld geseëvier nadat hulle ’n moeilike eerste helfte beleef het.

Die span het in die tweede helfte hul voete begin vind, met die agtsteman, De Wet Grobler, wat met twee drieë vir sy span momentum gebied het.

Die twee stutte, Rynel Rautenbach en Nicolas Dreyer, sowel as die buitesenter, Durand du Plooy, het ook vir Gimmies gaan druk.

Zandré da Silva het op losskakel uitgeblink en al die drieë verdoel, asook ’n strafskop tussen die pale deurgesit.

Verdere rugbyuitslae:

o14A: Gimmies 54–0 Duineveld
o14B: Gimmies 14–14 Duineveld
o15A: Gimmies 19–12 Duineveld
o15B: Gimmies 14–14 Duineveld
o16A: Gimmies 22–5 Duineveld
o19C: Gimmies 14–12 Duineveld
o19B: Gimmies 25–12 Duineveld
o19A: Gimmies 38–26 Duineveld

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button