SportSport

Gimmies se netbal en hokkiespelers skitter teen Duineveld

Een van die wedstryde van die naweek was die eerstespan dogtersnetbalstryd wat Gimmies met 39-38 gewen het.

Dit was ’n rillerstryd soos min toe Potchefstroom Gimnasium en Hoërskool Duineveld se eerste netbalspanne die afgelope Saterdag, 18 April, teen mekaar te staan gekom het.

Gimmies het die wedstryd met 39-38 gewen nadat Duineveld ’n laat terugvegpoging in die laaste 10 minute van die wedstryd geloods het.

Foto’s: Wouter Pienaar

Gimmies het deurlopend voorgeloop, maar Duineveld was kort op hul hakke, en dit het vir ’n goeie toets vir die Potchefstromers gesorg.

Op die hokkievelde was Gimmies ook uitstekend, met oortuigende oorwinnings oor die besoekers van Upington. Die dogters se eerstespan het 8-0 gewen en die seuns se eerstespan 5-1.

Netbal:
o14A: Gimmies 33-15 Duineveld
o14B: Gimmies 18-8 Duineveld
o14C1: Gimmies 4-7 Duineveld C
o14C2: Gimmies 9-8 Duineveld D
o15A: Gimmies 19-18 Duineveld
o15B: Gimmies 20-22 Duineveld
o15C: Gimmies 11-13 Duineveld
o16A: Gimmies 27-13 Duineveld
o16B: Gimmies 18-10 Duineveld
o16B: Gimmies 36-0 Duineveld C
o16C: Gimmies 33-3 Duineveld D
o17A: Gimmies 13-16 Duineveld
3de: Gimmies 11-23 Duineveld
3de: Gimmies 17-13 Duineveld o18D
2de: Gimmies 13-24 Duineveld
1ste: Gimmies 39-38 Duineveld

Dogtershokkie:
o14A: Gimmies 10-0 Duineveld
o15A: Gimmies 10-0 Duineveld
o16A: Gimmies 1-1 Duineveld
1ste: Gimmies 8-0 Duineveld
2de: Gimmies 5-0 Duineveld

Seunshokkie:
o14A: Gimmies 4-1 Duineveld
o16A: Gimmies 7-0 Duineveld
1ste: Gimmies 5-1 Duineveld

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button