Laerskool Mooirivier se o11 netbaldogters het 'n algehele tweede plek gekry en tot Mooirivier se algehele wen bygedra. Foto: Laerskool Mooirivier/Facebook
Laerskool Mooirivier se rugbyseuns en netbaldogters het hulself uitstekend van hul taak gekwyt om as die algehele wenners van die B-afdeling van die Super 12-sportreeks gekroon te word.
Daar is 24 verskillende skole regoor vyf provinsies wat aan hierdie reeks deelneem. Die uitslae van al die spanne (o9-o13) word bymekaar getel om die algehele wenner te bepaal.
Mnr. Jakkie van Vuuren (Laerskool Mooirivier: Skoolhoof) staan trots met die trofee saam met mnr. Cilliers du Toit en mev. Lune Labuschagne. Foto: Laerskool Mooirivier/FacebookMooirivier se o9A rugbyspan is Super 12-wenners. Foto: Laerskool Mooirivier/FacebookLaerskool Mooirivier se o11A-netbalspan het ‘n uitstekende silwermedalje verwerf. Foto: Laerskool Mooirivier/Facebook
Tokkies se o9 rugbyspan is as algehele wenner aangewys. Moorivier se o11 netbalspan behaal ‘n tweede plek. Op die gekombineerde tabel eindig Tokkies vyfde vir rugby en tweede vir netbal. Dit is genoeg om Mooirivier na die eerste algehele plek te neem in die B-afdeling.
Laerskool Mooirivier se uitslae in die Super 12-sportreeks.
Dit is ook die eerste keer sedert 2018 wat Tokkies as algehele wenners in hierdie afdeling aangewys is.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.