SportSport

Buiteklub se rolbalspelers wen Noordwes Enkelspeltitels

Albert Britz en Bronwen 'Boxi' de Kock het met goud om hul nekke weggestap.

Die Potchefstroom Buiteklub (PCC) se rolbalspelers het onlangs uitstekende resultate by die Noordwes Enkelspelkampioenskappe behaal, wat die klub se groei en ontwikkeling in die sport verder beklemtoon.

In die mansafdeling het Albert Britz die goue medalje verower en weggestap as Noordwes Kampioen, terwyl Francois van der Merwe die silwer medalje gewen het.

In die damesafdeling het Bronwen ‘Boxi’ de Kock die goue medalje verower met ‘n uitstekende vertoning. Hierdie prestasie volg op ‘n besonder suksesvolle seisoen vir PCC. VroeĆ«r vanjaar het die klub se manspanne ook sterk vertonings in die Noordwesliga gelewer, met die Potchefstroom Buiteklub wat die Premier-, Eerste- en Tweede-afdelings gewen het.

Volgens klublede is die sukses die resultaat van harde werk, goeie spanwerk en ‘n positiewe klubkultuur

wat spelers van alle ouderdomme verwelkom.

Hoewel rolbal tradisioneel as ‘n sport vir ouer deelnemers beskou word, beleef die sport tans ‘n

hernude belangstelling onder jonger spelers.

By PCC is daar ‘n groeiende groep nuwe en jonger lede wat ontdek dat rolbal nie net ‘n tegniese en strategiese sport is nie, maar ook ‘n uitstekende geleentheid bied vir ontspanning, sosialisering en gesonde kompetisie.

Die klub wil graag die gemeenskap uitnooi om die sport self te kom ervaar. Enige belangstellende, ongeag ouderdom of vorige ervaring, is welkom om die klub te besoek tydens die sosiale rolbaldae wat elke Woensdag- en Saterdagmiddag om 13:30 by die Potchefstroom Buiteklub aangebied word.

Klublede sal altyd beskikbaar wees om nuwe spelers te help, die basiese beginsels van die spel te verduidelik en besoekers aan die sport bekend te stel.

Geen ervaring is nodig nie, slegs ‘n belangstelling om iets nuuts te probeer en deel te word van ‘n vriendelike gemeenskap.

Vir meer inligting oor lidmaatskap of sosiale rolbal, kan belangstellendes die Potchefstroom Buiteklub kontak of eenvoudig op ‘n Woensdag- of Saterdagmiddag by die bane kom inloer

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button