SportSport

Mooirivier Prestigetoernooi lewer puik hokkie

Tokkies, Baillies en Central het aan hierdie toernooi deelgeneem en puik uitslae behaal.

Laerskoolhokkiespelers van Laerskool Mooirivier, Laerskool Baillie Park en Potchefstroom Central School het hulle talente op die NWU Astro die afgelope naweek met puik vertonings by die Mooirivier Prestige Hokkietoernooi.

Mooirivier se o13A seuns is as die wenners in hul afdeling aangewys nadat hulle vir Laerskool Brits met 3-0 geklop het. Potch Central behaal die derde plek in hierdie afdeling.

In die o13A dogtersafdeling kom Laerskool Schweizer-Reneke eerste, met Laerskool Baillie Park wat as naaswenners wegstap nadat hul met 1-0 vasval.

Mooirivier se o13A dogters behaal brons nadat hul in die derde en vierde uitspeelwedstryd met 3-2 in strafdoele wen.

Mooirivier se Declan Taute en Potch Central se MJ Makatanti deel die trofee vir die top doelskieters by die o13A seuns.

Die o13B seuns en dogters neem deel vir groei geleentheid en blootstelling wat hul hokkie oor die langtermyn sal verskerp.

Seuns afdeling

1. Mooirivier

2. ⁠Brits

3. ⁠Central

Dogters afdeling

1. Schweizer-Reneke

2. ⁠Baillie Park

3. ⁠Mooirivier

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button