Sanmarie Visser en Elmeré van der Berg is albei in die Protea Netbalspan ingesluit wat vanaf 23 Julie tot 2 Augustus aan die Statebondspele in Glasgow, Skotland gaan deelneem.
Visser en Van der Berg het albei ervaring opgebou en hul naam gemaak tydens die Varsity Netbaltoernooi vir die NWU Eagles.
Hul is daarna opgetrek na die Proteas waar hul skitterende netbal speel. Op klubvlak speel Van der Berg netbal vir die Adelaide Thunderbirds in Australië terwyl Visser in Engeland vir die NIC Leeds Rhinos speel.
Suid-Afrika is in poel A saam met Engeland, Australië, Malawië, Tonga en Noord-Ierland. Poel B sluit in Nieu-Seeland, Jamaika, Wallis, Uganda, Skotland en Trinidad.
Die SA-span is soos volg:
Khanyisa Chawane; Kamogelo Maseko; Tarle Mathe; Owethu Ngubane; Refiloe Nketsa; Karla Pretorius; Nicola Smith; Rolene Streutker; Elmere van der Berg; Jamie Golob; Karla Victor en Sanmarie Visser.



